Die PMF beskou die predasieprobleem in SA as ‘n nasionale ramp en insidente van die aard beklemtoon ook die frustrasies waarmee produsente daagliks te kampe het. Predasie neem ongekende afmetings onder kleinveeboere se kuddes aan en verliese van tot 25% word gelei indien die probleem nie bestuur word nie, wat onaanvaarbare ekonomiese verliese verteenwoordig. Die geraamde waarde van verliese is miljoene rand per jaar vir die kleinveebedryf alleen, uitgesluit verliese onder grootvee en wild. Amerikaanse studies beraam dat direkte verliese met ‘n faktor van 1.3 vermenigvuldig kan word om ook die indirekte skade vir die bedryf te bereken.
Die forum het onderneem om ernstig na die gebruik van gif te kyk en doen ons ‘n ernstige beroep op produsente om eerder van die aanvaarde beheermetodes gebruik te maak vir die bestyding van ongediertes wat wettige en aanvaarde beheermaatreëls insluit. Daar is werklik meer as genoeg bestuurstegnieke anders as die misbruik van gif om predasie mee te bestuur en die PMF doen ‘n ernstige beroep op produsente om heeltemal van gif af weg te bly.
Groot suksesse word tans behaal met die opleiding van produsente en plaaswerkers in predasiebestuur en verdere inliging kan verkry word by die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) se webtuiste www.nwga.co.za, asook om vir Dr. Gerhard Verdoorn te kontak by nesher@tiscali.co.za
Die einde