Innovering om voor die Jakkals te bly !
Die kerneienskappe van effektiewe predasiebestuur is eenvoudig: voldoende roofdierwerende heinings om lammerkampe, effektiewe veebestuur, waaksaamheid en oplettendheid, vestiging van voorkomende maatreëls soos afwerende tegnieke en implementering van effektiewe bestuursmaatreëls as die jakkalse dan nie gehoor wil gee aan die boer se "bly weg uit my veekamp" instruksies nie.
Die Predasiebestuursforum bedien steeds die landbougemeenskap met direkte raad oor predasiebestuur deur die webwerf en deur telefoniese navrae na deskundiges ; dit is alles in die gids saamgevat. Artikel deur Dr. Gerhard Verdoorn - AgriKultuur Oktober 2016. Lees hier.