Guarding animals

Livestock Guarding Dogs

Deon Cilliers van Cheetah Outreach het tydens die KZN Predasie Forum vergadering in Februarie 2016, ‘n program bekendstel waar honde landswyd aan boere oorhandig word onder sekere voorwaardes.  Boere word vir ‘n jaar lank begelei in die hantering van honde, waarna die diere aan die boer geskenk word.  Vyf (5) honde is reeds onder hierdie program aan boere in KZN aangebied. 

Sy aanbevelings sluit in:

  • Identifiseer die hond wat geskik is vir jou vee
  • Koop jou hond van ‘n goedgekeurde teler
  • Kry kenner advies en bystand om jou deur die eerste jaar by te staan
  • Klein hondjie moet tussen 7 tot 12 weke oud wees
  • In kraal of in ektensiewe weikampe
  • 6 tot 8 weke bindingsperiode
  • Blootstelling aan die res van die kudde
  • Fyn waarneming vir gedragsprobleme
  • Minimale kontak met mense
  • 24 uur kontak met vee
  • Geen jong lammers nie (aanvanklik)

Die resultate sover sluit in:

  • Verlaging van veeverliese van tussen 90-100% op alle plase
  • Op alle plase in die program is ALLE dodelike vorme van beheer deur die boere gestaak.

Cheetah Outreach het ‘n voltydse teenwoordigheid in die Noordwes en Limpopo provinsies en is besig met loodsprojekte in die Weskaap en Vrystaat.  Die program se sukses word gekoppel aan die lewering van ondersteuning aan boere regdeur die totale proses.  Vir verdere navrae oor die program skakel met Deon Cilliers – 082 853 1068 of epos : cheetah@intekom.co.za

© 2023 All Rights Reserved.