REAKTIEWE ROOFDIERBEHEER TEENOOR PREDASIEBESTUUR - watter tipe boer is jy ?

Deur Niel Viljoen, Predasiespesialis 

 Reaktiewe optrede (tydelike verligting)

Jy boer nog met gister se plan op vandag se program

 

 Predasiebestuur (permanente volhoubare oplossing)

Voorkom verliese en hou finansiele voordele in

 

Gebrek aan kennis aangaande roofdiere

Jy maak staat op die aantal jakkalse & rooikatte wat verwyder word.

Deeglike kennis van jou plaas se biodiversiteit.

Jy maak staat op die aantal lammers wat gered word voordat jakkalse en rooikatte noodsaaklik word om te elimineer.

**Lae speenpersentasie

Jy verstaan waartoe jou geweer op 100 m, 200 m & 300 m in staat is.

***Geïntegreerde bestuursplan wat beweidingstelsel, kudde- en roofdierbestuursplan deurlopend evalueer en aanpas.

Jy ken en verstaan die biologie en gedragspatrone van onderskeie predatore

 

Jy is oorgehaal vir optrede nadat die eerste lam gevang is

Krities dat tyd en aandag eweredig oor die hele spektrum van bestuur versprei word.

Jy is oorgehaal vir doelgerigte seisoenale bestuurspraktyke wat roofdiere insluit

 

Enige verlies bly ‘n roofdier die oorsaak.

Verliese word deeglik ondersoek en oorsake bevestig.

Jy doen moeite om te leer en aan te pas.

 

Voortslepende veeverliese.

 

Finansiele voordele

 

Jy dink jy verstaan

 

Jy verstaan


** Die beste speenpersentasie is direk gekoppel aan die boer se vermoë om vroegtydig die mees onvoorspelbare en veranderlike element in sy bestuursplan - die gedrag van rooijakkalse - te identifiseer.

*** Geïntegreerde bestuursprogram:

  1. Roofdierbestuursprogram:  begin by die begin, nl. Kernareas van roofdiere.
  • Indien roofdiere se voorkeurhabitat geidentifiseer is, kan verskeie beheermaatreels toegepas word.
  • In die geval van rooijakkalse, hanteer kernareas altyd asof die diere daar teenwoordig is (alhoewel jy dalk die teelpaar verwyder het, mag nuwe toetreders jou dalk net verras).
  • Beplan vee- en weidingsbestuur maandeliks daarvolgens.
  • Mensgemaakte strukture soos jakkalswerende- en elektrifiserende drade bly verseker ‘n hindernis in hierdie diere se daaglikse beweegroetes. Beskerm jou veekuddes, span lamareas toe, span jakkalse uit of span jakkalse se kernareas uit jou jaarlikse beplande veebestuursprogram. 
  • Gebruik deurlopend met afwissing, die totale roofdier gereedskapsbestuurskis tot jou voordeel.

    2. Kuddebestuursprogram:  kies lamtye noukeurig met inagneming van die veranderlikes in die voedselbehoeftes van predatore.

    3. Beweidingstelsel:  vermy kernareas tydens lamtye.

 

Niel se beste advies:

  1. Hou predasiebestuur by die topbestuur van jou besigheid.
  1. Indien jy delegeer, word dit tweedehands hanteer.
  2. Kennis is mag, maar onthou die rooijakkals het die slag. Wie die vinnigste gaan aanpas, het beslis die meeste mag !!
Last modified onThursday, 29 October 2020 14:36