Hoe vang 'n mens 'n Rooikat in die Overberg?
Willem Coetzee soek advies oor die vangs van 'n probleemdier Rooikat wat verwoesting saai onder sy lammers in die Overberg. Dr. Gerhard Verdoorn verduidelik prosedure puntsgewys hoe om ‘n Rooikat wat skade veroorsaak, te vang: Jy sal ‘n rooikatvanghok moet kry; vra onder die bure rond of iemand dalk een vir jou kan leen as jy nie alreeds een beskikbaar het nie. Maak die hok goed skoon met kokende warm water, veral die trapplaat. Probeer die rooikathok stel daar waar die kat rondbeweeg en veral as jy sy looppaadjie kan opspoor. Die hok moet langs sy looppad gestel word. Moet geen bedekking oor die hok plaas nie. Plaas lokaas soos karkasreste van ‘n lam wat gevang is, agter in die hok. Maak ‘n klein bolletjie van aluminiumfoelie so groot soos ‘n tennisbal en hang dit in die middel van die hok aan ‘n stukkie wol op. Probeer ‘n mak kat…
Read more...