Control methods vs. Legislation (3)

  • Written by

Rondloperdiere in Munisipale areas

Port Alfred en Alexandria in die Ooskaap was in die middel van ‘n hofgeding nadat ‘n suksesvolle hofbevel teen die Ndlambe Munisipaliteit, die Munisipale Bestuurder en die Uitvoerende Burgemeester verkry is om regulasies t.o.v. die aanhouding van diere binne woongebiede van die Munisipaliteit en op munisipale meentgrond en oop ruimtes, af te dwing.  Herhaalde versoeke oor baie jare oor die onbeheerste instroming van diere in residensiële gebiede wat tot ‘n verhoogde risiko vir oordraging van dieresiektes na naburige kommersiële plase, het min aksie ontlok.  Verder is die risiko’s wat rondloperhonde aan motoriste en privaateiendom inhou voor die hand liggend.

 

Die hofbevel is aan Agri Ooskaap en vier (4) ander aansoekers toegestaan en word daar gehoop dat dit as basis vir onderhandelinge gebruik sal word deurdat Agri Ooskaap se geaffilieerde landbouverenigings in ‘n posisie gestel sal word om met hul onderskeie munisipaltieite te kommunikeer.  Hopelik sal dit verseker om soortgelyke regstellingsplanne binne soortgelyke probleme sonder onnodige regsaksie op te los.  Lees volledige media verklaring deur Agri Ooskaap - AfrikaansEngels. 

Read more...
Subscribe to this RSS feed