Lewensiklus van die Rooikat

Rooikatte het nie so ʼn duidelik afgebakende patroon en lewenssiklus soos die rooijakkals nie, maar daar is tog werkbare fases waarby die grondeienaar kan aanpas.

Die paartye van katte kan geweldig verskil gedurende die jaar sonder dat enige definitiewe maande uitgesonder kan word. Die betroubaarste patroon blyk egter dat rooikatte lief is om die warmer somermaande te gebruik vir paring en aanteel. Gedurende die wintermaande is die nuwe aanteel gewoonlik in dieselfde leerproses as die jong jakkalse en verhoogde vangste vind dan gewoonlik plaas.

In die gereedskapskis het die afskrikmetodes soos ligte, klanke en reuke ʼn minimale uitwerking op rooikatte, veral op die jong katte wat baie aktief gedurende die wintermaande jag. Weens die nuuskierige geaardheid kan flikkerende ligte dalk eerder die rooikat se aandag trek in plaas daarvan om die dier te verwilder. Wintermaande is egter ʼn goeie tyd om rooikathokke aktief te kry en op strategiese plekke uit te plaas om die jong katte so te probeer beheer.