Lewensiklus van die Rooijakkals

Mei – Jakkalspaar baken hul kern-area af, teelgate word skoongemaak en die teelpaar word ʼn identifiseerbare eenheid. Die kern-area is die gebied waar die jakkalspaar die minste bedreig voel, byvoorbeeld bedags sal rus en waar die teelgate voorkom.

Junie – Paring vind plaas. Teelpare en hul loopgebiede is vasgestel en afgebaken. Jakkalse is skugter en vermy konfrontasie met ander jakkalse.

Julie – Tewe is dragtig. Die teelgate word besoek om die beste een vir die werpsel te identifiseer.

Augustus – Aankoms van die nuwe werpsel

September – Reun en teef spandeer baie tyd in die kern-area by werpsel

Oktober – Werpsel word gespeen. “Helpers” (=jong jakkalse uit die vorige werpsel) begin help om kos aan die werpsel te verskaf.

November – Gespeende jakkalse begin tussen die teelgate en waterpunte rondbeweeg. Die ouers en helpers bly hulle versorg deur kos aan te dra.

Desember – Gespeende jakkalse is aktief in die totale kern-area. Die ouers en helpers bly hulle versorg.

Januarie – Jong gespeende jakkalse is vrylopend in die totale kern-area.

Februarie – Jong jakkalse begin wissel.

Maart – Jong jakkalse is klaar gewissel. Die teef leer hul jag en kos raak ʼn al groter prioriteit.

April – Jong jakkalse begin goed op hul eie funksioneer. Jag en kos is nou die vernaamste aktiwiteit.