Subscribe to this RSS feed

Woollies soek roofdier-vriendelike vleis

Woolworths reken tot 80% van roofdiere word nog op tradisionele metodes doodgemaak, maar wil roofdier-vriendelike skaapvleis koop


‘n Artikel deur Lucille Botha op 20 April 2015 in Landbou.com waar Woolworths reken dat tot 80% van roofdiere nog op tradisionele metodes doodgemaak word, maar roofdier-vriendelike skaapvleis wil koop, is met onsekerheid deur die PMF ontvang. Die kleinhandelgroep Woolworths hoop om einde vanjaar skaapvleis te verkoop met ‘n “vriendelik teenoor wild” etiket.

Mnr. Harry Prinsloo, nasionale voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) en die Roofdierbestuursforum (RBF), was nie bewus van hierdie projek nie, maar meen die doelwitte sal dieselfde wees as wat die wolskaapbedryf se kode vir beste praktyke voorskryf: “Wat my betref, is al ons vleis eintlik roofdiervriendelik omdat ons dié kode nastreef.”  Vir volledige artikel, lees hier.

"Boere verstom oor Woollies vleisbesluit"  (22 April 2015)

"RPO standpunt oor Woollies en skaapvleis" (28 April 2015)

"Die lewendehawe bedryf vra dat Woolworths deursigtig met sy planne vir vleis moet wees" (29 April 2015)

PMF Persvrystelling

As Woolworths roofdiervriendelike vleis in sy winkels wil verkoop, is dit belangrik om die konsep goed te definieer.  Voorts moet behoorlike en deursigtige ouditstelsels in plek gestel word sodat die oorsprong van die produk nagespeur kan word, sê mnr Harry Prinsloo, voorsitter van die Predasiebestuursforum (PMF). Amptelike persvrystelling.

AgriECHO (Gerhard Verdoorn)

Dr. Gerhard Verdoorn het in ‘n artikel oor Roofdiervriendelike vleis aan AgriECHO, skeptisime uitgespreek en bevraagteken wie die arbiter gaan wees wat moet besluit of vleis “roofdiervriendelik” geproduseer word. Die erns van predasie kan nie betwyfel word nie en as ‘n bepaalde handelaar die predasie op kleinvee as ‘n nietigheid afmaak, dan betwyfel hy “as bewaarder, boer-sonder-plaas en raadgewer vir die Predasiebestuursforum, die bona fides van die bemarking”.

“Die Predasiebestuursforum het alreeds myle ver geloop op die pad na ekologiesaanpasbare predasiebestuur en die goue pad van geintegreerde predasiebestuur”, sê hy. Hy verwys na die opleiding van Niel Viljoen en die plase waar sy geintegreerde predasiebestuur toegepas word met bewyse van kleinveeverliese van tot so min as 2 – 4%. “Om te dink dat die blote ontplooiing van beskermende diere alleen die predasieprobleem die hoof gaan bied is onsin”, sê Verdoorn. Lees hier vir volledige artikel.

Farmers Weekly / Landbouweekblad (Thys de Wet)

Thys de Wet, onafhanklike roofdierspesialis en navorser het in Farmers Weekly en Landbouweekblad verwys na wetenskaplike data waar betwyfel word hoe “roofdiervriendelik” Anatoliese Herdershonde is. ‘n Studie in 2002 van Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund, Namibia voer aan dat 94.4% van die honde gedragsprobleme getoon het en dat korrektiewe opleiding slegs 61% kon rehabiliteer om as werkende honde ontplooi te word.

Studies in die VSA wys verder daarop dat tot ‘n derde van herdershonde geskiet word weens probleme wat deur hulle veroorsaak word. ‘n MSc tesis in 2011 bevestig die onbetroubare status van Anatoliese herdershonde deurdat 63% van die honde onder andere Jakkalse, bobbejane, rooikatte en tot ‘n jagluiperd doodgemaak het. Hierdie is in teenstelling met Woolworths se poging om alleenlik vleis te koop by boere wie inskakel by die program wat nie-dodelike roofdierbekamping aanmoedig en wat Anatoliese- of Malutihonde, IIamas, halsbande, alpakkas en herders insluit.

“Daar is niks fout om te strewe na roofdiervriendelike skadebeheer onder vee nie – die ideaal MOET nagestreef word. Daar moet egter nog heelwat water in die see loop en baie aan navorsing bestee word voor dié ideaal enigsins bereik sal kan word”, sê de Wet. Lees hier vir volledige Afrikaanse artikelEngelse artikel.

 

Read more...